In the media

DRDGOLD wil Blyvoor verkoop

[www.sake24.com] -- DRDGOLD het Dinsdag bevestig hy beplan om sy Blyvooruitzicht-operasies van die hand te sit.

DRDGOLD het Dinsdag bevestig hy beplan om sy Blyvooruitzicht-operasies van die hand te sit.

Blyvooruitzicht het in die kwartaal tot einde Maart 30 511 onse goud geproduseer - amper die helfte van DRDGOLD se uitset van 67 387 onse.

Die groep sê die direksie het tot die slotsom gekom dat Blyvooruitzicht nie meer inpas by die kern-bedrywighede van die groep nie.

Daar is dus besluit om die myn te verkoop.

Die Royal Bank of Canada en Beijing Axis is gevra om raad te gee oor die verkoping.

Dit sal DRDGOLD met net twee myne - Ergo en Crown - laat.

Blyvooruitzicht was in 2009 onder geregtelike bestuur. Daarna het die groep dit weer winsgewend gemaak.

Daarna is dit amper verkoop aan Aurora Empowerment Systems wat tans omstrede is weens die hantering van sy myne in Orkney en Grootvlei. Die koop (R376 miljoen) het egter deurgeval. - I-Net Bridge.

COOKIES: This site uses cookies to enhance your website experience. See our privacy policy for further details.